06
Aug 2020

Die goudprys het die week nog ‘n hekkie oorgesteek toe dit deur die $2 000 per ons-grens gebars het. Beleggers is onseker oor waar die volgende stop vir die goudprys gaan wees en hoe lank dit gaan neem om die sielkundige vlak van $2 500 te bereik.

Die kraglopie word aangevuur deur die sentiment dat goud sy waarde beter as enige ander bate hou ten midde die gevolge van die Covid-19-pandemie, sentrale banke se hulpverlening, inflasionêre kommer en ‘n verswakte dollar. Die agtergrond versterk die veilige hawe wat goud bied.

Goud as se waarde het vanjaar al met meer as 30% gestyg vir ‘n rekordhoogte en is een van die bates wat die beste vertoon in 2020 gedurende die onseker ekonomiese tye.,” sê Alan Demby, voorsitter van die The South African Gold Coin Exchange en The Scoin Shops.

Tog, omdat die stormlopie so vining geskied het, sal ‘n afwaartse aanpassing in die prys ‘n goeie beleggingsgeleentheid skep.

Demby voeg by hy is oortuig die vooruitsigte vir goud lyk belowend met die voortdurende onstabiliteit en dat daar geen teken is die lang termyntendens is aan die afneem nie.

Daar word baie gesê dat die mees wyse en mense met ‘n stabiele uitkyk, spekulasie vermy. Demby stem saam met die sentiment en onderskryf ‘n voortdurende verkryging van goue munte as ‘n soliede bate wat met tyd in waarde toeneem.

‘n Kniebuig-reaksie op die ontstuimige toestande in die wêreld, is nie die rede om goue munte te begin versamel nie; goue munte moet deel van ‘n beleggingstrategie uitmaak.

Goud is vir hou, nie om te verkoop nie.  Om die punt te staaf het The South African Gold Coin Exchange in 1972 toe Demby oorgeneem het, goud teen $300 per ons verhandel. Vandag is alle rekords oortref met die goudprys wat deur die $2000 merk verbygesteek het vir ‘n nuwe, vars record. Demby sluit af met die woorde: “Die mark kan hoër vlakke behaal as wat mense dink.”