07
Mar 2021

Munt `gee meer vreugde 

Goud is een van die oudste beleggings­vorme en deesdae kan jy met bitcoin, een van die nuutstes, vir jou Krugerrande betaal.


Die British Royal Mint se munt vir Dawid Bowie. 


Die British Royal Mint se munt vir Dawid Bowie. 


Die British Royal Mint se munt vir Dawid Bowie. 

Mense hou al vir duisende jare hul rykdom in goud en Krugerrande is steeds 'n maklike manier om daarin te bele.


"Die waarde van 'n Krugerrand is op enige gegewe tyd baie naby aan die goudprys;' se Rael Demby, voorsitter van die goudmunthandelaar The Scoin Shop. Die waarde van 'n Krugerrand is direk gekoppel aan die goudprys op daardie dag.


"Jy kan 'n Krugerrand sien en voel, wat vir jou meer vreugde gee as beleg­gingsyfers op 'n bankstaat." Die goue Krugerrand (bullion coin) is die enigste munt wat sy gewig in goud werd is en word in vier groottes verkoop - 1 ons troois, ½ ons troois, ¼ ons troois en 1/10 ons troois suiwer goud. Die proefmunt is 'n ver­samelaarsmunt waarvan die waarde ook in sy vak­manskap le. Dit is ligter as 'n goue Krugerrand en het 'n spieelhelder afwerking teenoor die mat voorkoms van die goue Kruger­rand. Die afbeelding van Paul Kruger wat op die Krugerrand pryk, is ontwerp deur Otto Schultz.


Proefmunte moet nie met die hand hanteer word nie en enige merke kan die waarde daarvan verminder. Volgens Demby is daar twee tipes be­leggings as dit by munte kom. Mense koop sedert 1967 Krugerrande vir die goudwaarde daarvan. Versamelaarsmunte word aangeskaf omdat dit skaars is en in waarde kan toeneem (be­newens die waarde van die metaal). Maar, maan Demby, om versamelaars­munte te koop is soos om kuns te versa­mel.


"Jy moet iets koop wat vir jou vreugde verskaf en wat jy wil hou. 'n Mens weet nie met hoeveel die waarde sal toeneem nie en jy moet dit nie te gou wil verkoop nie. "Versamelaarsmunte is nie 'n vinnige manier om geld te maak nie."


Demby se hulle bring versamelaars­munte van die beste munte van oor die hele wereld na Suid-Afrika. "Ons vier met sulke munte onder meer mylpale, buitengewone mense en groat geleenthede soos die Wereldbeker-rugby­toernooi. "Sulke munte is skaars, uniek en getuig van uitstekende vakmanskap."


So het die British Royal Mint 'n reeks munte uitgebring ter viering van die James Bond-rolprente en om groat Britse musikante te vereer.


"Ek het grootgeword met James Bond;' se Demby. "Die reeks van drie mun te vier die sexy, snaakse en for se Bond:' Wat die musikante betref, is munte vir Queen en Elton John vroeer vervaardig. Die jongste in die reeks, ter ere van David Bowie, word nou verkoop. Altesame 100 van die munte is gemaak en tien van hulle word deur Scoin verkoop.


"Die munte is kunswerke wat Bo­wie-aanhangers tot hul versameling kan voeg:' Die 1 ons-munt kos R69 000 en die ¼ ons-munt sal jou R19 500 uit die sakjaag. 'n 5 ons-munt wat die huwelik van Prins William en Catherine, die hertog en hertogin van Cambridge gedenk, word tans vir R199 000 verkoop.


Die Franse munt het weer verlede jaar hulde gebring aan verskeie groat kunste­naars met ontwerpersmunte van Picasso se Guernica, 'n selfportret deur Vincent van Gogh en Die golf deur Hokoesai. Volgens horn is verskeie muntversame­lings die afgelope maande verkoop sodat hul eienaars kontant in die hande kan kry. Hy beveel aan dat mense vir sulke beleggings 'n kombinasie van Krugerran­de en versamelaarsmunte koop. "Jy moet 'n balans handhaaf tussen aankope vir 'n belegging en om te versa­mel vir die liefde van die saak," se hy.


Scoin het ook die afgelope tyd gemo­derniseer. "Mense kan nou selfs met kriptogeldeenhede soos bitcoin vir hul Krugerrande betaal. Goud gaan nerens, maar ons koester die oue en die nuwe."


Die OS en die verkeerde wa

Die dubbelas-pond is een van Suid-Afrika se waardevolste munte.


In aanloop tot die presidentsverkiesing in 1891 wou Paul Kruger nie wag totdat die Pretoriase munt klaar gebou is nie en het daarom die Berlynse munt gevra om die eerste ZAR-munte te druk. Twee groat foute op die munte het eg­ter groat verleentheid vir Kruger se rege­ring veroorsaak en is deur die Boere as 'n ernstige belediging beskou. Die ontwerper van Kruger se afbeelding, Otto Schultz, het sy voorletters, OS, op die ontwerp aangebring. Kruger wou nie 'n os genoem word nie en die gietvorms is blit­sig verander.


Schultz se ossewa was oak verdag. Die tradisionele Voortrekkerwa het 'n enkelas voor gehad en die agterste wiele was heelwat grater as die voorstes. Schultz se ontwerp het gelyk soos die waens wat die sigeuners in Europa gebruik het. Altesame 10 000 halfpondmunte is ge­druk en 16 000 pondmunte. Kruger het die munte onttrek, maar die wat behoue ge­bly het, is nou belangrike versamelstukke.


'n Onbekende aantal enkelas-ponde is tussen 1893 en 1900 - met die ossewa met 'n enkelas en sander die omstrede OS - gemunt. Die halfponde (met die korrek­te ontwerp) wat in 1893 gemunt is, is ui­ters skaars en baie duur. Die Burgerspond is die eerste van die ZAR-munte wat in 1874 gemaak is.


"Jy moet 'n balans handhaaf tussen aankope vir 'n belegging en om te versa­mel vir die liefde van die saak," se hy. Scoin het ook die afgelope tyd gemo­derniseer. "Mense kan nou selfs met kriptogeldeenhede soos bitcoin vir hul Krugerrande betaal. Goud gaan nerens, maar ons koester die oue en die nuwe."

R 1,300,000.00
R 190,000.00